SONDAE 09:00 | 18:00 aanlyn of op kampus sien jou daar!

SAAI

Jy saai in goeie grond by ons.

Alles wat ons het behoort aan God. Ons glo dat ons in alles gehoorsaam moet wees aan God, omdat Hy vir ons in alles voorsien - insluitend finansies.

ONS BANKBESONDERHEDE

As jy reeds weet jy wil saai by ons in een of ander manier, maar net nie weet hoe nie, Kyk hier!

Jy kan 'n EFT-betaling maak in enige van die volgende bankrekeninge in. Ons het ook Snapscan-fasiliteite vir die hoofgemeente-bankrekening.

LEWENDE WOORD KAAP

Bank: NEDBANK

Rekeningnaam: Lewende Woord Kaap

Rekeningtipe: Tjekrekening

Rekeningnommer: 1035749521

Takkode: 169745


NUWE GROND

Ons visie is om 'n huis van ons eie te hê en indien die Here met jou praat om betrokke te raak by Lewende Woord Kaap se boufonds, volg asseblief hierdie skakel


BEWEEG (SENDING)

Bank: NEDBANK

Rekeningnaam: Beweeg

Rekeningtipe: "Current"-rekening

Rekeningnommer: 1130309088

Takkode: 104509





HOEKOM EN WAT GEE JY?

DIE ''TIENDE'' - BEGINSEL

In Genesis 28:20-22 maak Jakob die volgende eed uit dankbaarheid aan die Here:

"En Jakob het ’n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek, en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die HERE my God wees. En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal ’n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan."


Ons is dankbaar vir alles waarin die Here vir ons voorsien, en glo dat God se bonatuurlike beskermingshand op ons finansies is wanneer ons 'n tiende van dit gee aan die plek waar ons geestelike kos kry.

WAT IS N OFFERGAWE?

Ons gee 'n offergawe wanner ons in gehoorsaamheid aan God meer gee as ons tiende - die offergawe is dit wat jy offer aan God bo op jou tiende.


'n Mooi voorbeeld hiervan is in Markus 12:41-44:

"EN Jesus het reg voor die skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi. En daar kom een arm weduwee en gooi twee geldstukkies in, dit is ’n oortjie. Toe roep Hy sy dissipels na Hom en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het. Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het, haar hele lewensonderhoud."


Ons weet dat God voorsien selfs in ons gebrek, wanneer ons gehoorsaam is met ons finansies met 'n bly gemoed gee.