SONDAE 09:00 | 18:00 aanlyn of op kampus sien jou daar!

HOE LYK ONS WEEK?

Word opgerig en toegerus om jou potensiaal te bereik!

WEEKLIKSE AKTIWITEITE

As jy deur die week ook wil inskakel by die kerk, kan jy hier sien waar jy oral kan deel word. Al ons weeklikse aktiwiteite is ontwerp om jou op te rig en toe te rus om in jou volle potensiaal in te stap as kind van God!

WOORDSKOOL

Maandae 19:00 - 21:00


'n Indiepte studie van die Bybel sal elke tweede Maandagaand plaasvind waar ons deur elke boek van die Bybel gaan werk


ETTA Bible College

Maandae - Donderdae 18:30 - 20:30


Lees die Bybel induktief en gebruik dit as handleiding vir jou lewe. By Bybelskool leer ons jou hoe om die Bybel op jou eie lewe toe te pas - die Woord word lewend!

KURSUSSE

Dinsdae 19:00 - 21:00


Ons behandel verskeie kursusse deur die verloop van die jaar. Hierdie kursusse sluit in: Profetiese Skool (vlak 1 en 2), Vrymakende Waarhede, Leef jou Doel ens... Omdat die kursusse so tyd-intensief is, kan ons nie elke jaar elke kursus doen nie, so gaan kyk gerus in die "kursusse" kaartjie vir wanneer elke kursus begin.

SELGROEPE

Woensdae 19:00


Ons weet dat 'n Sondag nie genoeg tyd saam met jou kerkfamilie is nie. So, jy het die voorreg om op Woensdae by jou naaste selgroep in te skakel! Ons bespreek elke week die vorige Sondag se oggenddiens preek en kom net by mekaar se harte uit.


Of jy nou splinternuut is by ons, of as jy al vir jare lank deel van die gemeente is, is die beste manier om nuwe mense te ontmoet deur 'n selgroep! Skakel vandag nog in as jy nog nie het nie!


Vul 'n selgroepvorm in as jy nog nie deel is van een nie!

VROUWEES

Donderdae 10:00

Vrouwees is 'n vrouegeselskap van alledaagse vroue wat gewaagd en onbeskaamd in ritme stap met die Heilige Gees.


Ons leef in merkwaardige maar tog uitdagende tye, en die behoefte aan vrede, antwoorde en oplossings is groter as ooit. 


Kom word deel van 'n groeiende beweging van vroue wat reageer op die eenvoudige uitnodiging om DIE VERANDERING TE WEES.

GEBEDSAANDE

Donderdae 18:30 - 19:30


Ons glo dat daar party oorloë is wat net in gebed gewen kan word. By die gebedsaande bid ons vir ons land, ons kerk, ons gesinne en nuwe openbarings van die Here. Kom bid saam en wees deel van die weermag wat opstaan in gebed en geestelike grondgebied terugwen.

JONK

Donderdae 19:00 - 21:00


Is jy 'n jong volwassene wat wil groei in jou verhouding met die Here?

Kom kuier saam met ons, ontmoet nuwe gesigte en raak deel van 'n groep wat uitverkoop is aan Jesus. Jonk wil jou graag toerus om standvastig te staan op die woord van die Here en met vrymoedigheid uit te stap om aan Sy Koningkryk daagliks te bou.

Hier skep ons 'n atmosfeer van "fellowship", familie, liefde en 'n plek wat jy huis kan noem.

Op spesiale geleenthede gaan ons op avonture van lekker eet tot adrenalien gedrewe uitstappies!

MANWEES

Vrydae 06:00


Elke week sluit die manne die week reg af met 'n selgroep wat deur mans aangebied word vir mans. Ons weet die mannehart het nodig om deur 'n gemeenskap van manne opgebou te word, so ons beveel hierdie sessie vir elke man in ons gemeente aan!

IGNITE YOUTH

Vrydae 18:30 - 20:30


By Ignite is ons intensioneel en doelgerig besig om 'n omgewing te skep vir tieners tussen die ouderom van 12 en 18 om Jesus te leer ken. 


Ons fokus is om die volgende generasie te leer hoe om Liefdevolle, Woordgefundeerde Koninkryk beginsels en kultuur as familie saam te ontdek en leef.


Ons missie is om jou te bemagtig om ‘n intieme verhouding met God te ontwikkel deur saam te leer hoe om die Bybel te lees, as familie saam te bid en sien hoe God kragdadig beweeg, intieme aanbidding en lekker familie kuiers. 

BEWEEG

Saterdae


Sending is ons grootste passie by Lewende Woord. Ons wil jou help om die nasies te bereik met die Evangelie. Ons plaaslike uitreike skep die geleentheid vir jou om siele ELKE WEEK te wen vir die Koninkryk. Jy hoef nêrens jou naam op te skryf of te registreer nie, jy kan net op die aangeduide tye opdaag en saam met ons beweeg by die gekose sendingveld vir die dag.