SONDAE 09:00 | 18:00 aanlyn of op kampus sien jou daar!

DOOP EN INSEËNINGS

DOOP

'n Doop ondervinding by Lewende Woord Kaap is een van die opwindendste goed wat met jou as kind van God kan gebeur!


Ons kan nie wag vir jou om deel daarin te hê nie. Om gedoop te word is 'n simboliese verteenwoordiging van jy wat kies om jou ou lewe neer te lê en weer op te staan saam met Christus.


As jy die keuse gemaak het om jou lewe vir Christus te gee, is hierdie jou volgende stap. Daar is na elke diens 'n geleentheid om gedoop te word. Daar sal 'n span wees wat na elke diens by die doopbad staan en wag vir diegene wat in die diens ervaar om gedoop te word.

INSEËN

Ons glo daarin om ons kinders toe te wy aan die Here. Inseëning is die aksie wat ouers neem om voor die hele gemeente te verklaar dat hulle hul kinders aan die Here toewy.


Ouers vat verantwoordelikheid vir hul kinders se geestelike ontwikkeling deur inseëning.


As jy jou kind wil inseën (maak nie saak hoe oud nie) is hierdie jou kans om die stap te neem.