SONDAE 09:00 | 18:00 aanlyn of op kampus sien jou daar!

UITREIKE

As jy geroep voel vir 'n uitreik, skryf jou naam hier op!

PLAASLIKE UITREIKE

Ons glo dat dit belangrik is om ook op die mense binne ons eie omgewing te fokus met die Evangelie. So, ons het elke week TWEE geleenthede vir jou om deel te hê in die verspreiding van die Evangelie.

KAYAMANDI

Kayamandi is ‘n informele nedersetting in Stellenbosch. Die opdrag van die Here is om te “WALK AND TALK” en Jesus na die mense te neem. Die Here gaan vooruit en ons volg net in gehoorsaamheid, Sy stem. Sien die Here beweeg deur genesing, wonder werke, verlossings, demoniese bevryding, persoonlike getuienisse en vele meer. Kom beleef die Here se liefde en omgee vir die nasies.

Die span ontmoet by die Kerk se Hoofingang

Saterdae 9h00 tot 14h00


Skakel gerus vir Daniel Langenhoven om betrokke te raak - 072 122 3688

HOSPITAALBEDIENING

Saterdae doen ons hospitaalbediening vanaf 09:00 tot 11:00. 'n Groot aantal mense is nie net fisies seer nie, maar ook geestelik en hierdie is dus 'n guldige geleentheid om die liefde van Jesus te verkondig. Die span ontmoet om 09:00 by Karl Bremer Hospitaal, in die parkeerarea links van die hoofingang.


Skakel gerus vir Riana Lambrechts om betrokke te raak - 082 598 3793

PLAASLIKE EVANGELISASIE

Volgens 2 Korintiёrs 5:18 het ons elkeen die bediening van versoening ontvang.

Ons passie is om na die plaaslike gemeenskap met Bybels uit te reik; en sodoende siele vir Christus

in te win, om plaaslike kerke met nuwe lidmate te voed.

Die visie is om leierskap en gemeentelede toe te rus om effektief te kan evangeliseer.

Ons kom 1 keer per maand by Lewende Woord Kaap om 09:00 bymekaar en gaan op ‘n plaaslike uitreik in die omgewing van die kerk tot 11:00


Skakel gerus vir Leon Zietsman om betrokke te raak – 083 290 3132

INTERNASIONALE UITREIKE

Ons het elke jaar uitreike na 'n paar lande waarvoor ons geroep voel. As jy voel jy word geroep vir een van ons internasionale uitreike, vul die vorm hier onder aan in. Jy sal dan meer inligting ontvang oor die uitreike wat kom.