SONDAE 09:00 | 18:00 aanlyn of op kampus sien jou daar!

KOM DIEN

Voel jy geroep om te dien by die kerk?

DIEN

“… net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien…” Matthéüs 20:28



Ons is ‘n kerk met ‘n hart vir dienaarskap. Alles wat ons doen op Sondae en gedurende die week, help om die pad vir die Koning voor te berei om mense in liefde te bedien. Ons het talle spanne en areas waar jy vrywilliglik betrokke kan raak en jou gawes en talente kan gebruik vir die Koninkryk.

SPANNE

DIENSPAN

Die diensspan help om die kerkgebou in alle aspekte voor te berei vir die werk van die Koning. Diensspanlede se doel op 'n Sondagoggend is dus om die ouditorium, moederskamer en badkamers voor die diens skoon te maak.


KINDERKERK

Ons glo dat kinders se geestelike opvoeding net so belangrik is soos wat volwassenes s'n is. As jy 'n passie het vir kinders en geroep voel om te help op Sondae, kan ons nie wag om jou daar te ontvang nie!


WELKOM-TOONBANK

Vrywilligers by ons rooi Welkom-hoekie dien as inligtingverskaffers vir enige gemeentelede of gaste wat vrae rakende kursusse en ander aktiwiteite by die kerk het. Hierdie vrywilligers is altyd baie vriendelik en behulpsaam!


VERWELKOMING

Die verwelkomingspan is die mense wat jou altyd by die deur groet, of net 'n lekker koppie koffie saam met jou geniet en lekker gesels. Soos die naam beskryf, is dit hierdie span se doel om elke gemeentelid welkom te laat voel elke Sondag.


KOFFIE & TEE

Hierdie span maak seker dat elke gemeentelid en besoeker sy/haar gratis warm drankie ontvang elke Sondag. Hierdie dienaars werk baie hard op Sondae om vir elke diens omtrent 200 koppies drinkgoed voor te berei!


GASTEHOEKIE

Ons spesiale hoekie vir ons spesiale ere-gaste! Ons het 'n span mense wat seker maak elke besoeker se vrae word beantwoord. Hierdie span sorg ook dat elkeen geliefd voel wanneer hul die kerkgebou verlaat en dat daar met elkeen opgevolg word.


MEDIA

Ons is opsoek na bekwame hande agter die media-toonbank wat kan help met die volgende: Klankbord, mikrofone, musieklirieke en video. Hierdie vrywilligers moet rekenaarbekwaam wees en 'n bereidwillige hart hê vir tegnologiese vooruitgang.


AANBIDDING

Spanlede wat hier dien moet een of meer musiekinstrument kan speel of kan sing. Ons is opsoek na mense wat nie net talent het nie, maar 'n opregte hart vir aanbidding. Daar is ‘n keuringsproses en oudisies vir hierdie span.


EK WIL DEEL WORD!