WELKOM BY JOU WELLINGTON KERK FAMILIE
Welkom, Eregas! Ons is só bly jy het by ons kom kuier, en ons kan nie wag om jou beter te leer ken nie. Jy is vir ons belangrik.
Beweeg Kerk Wellington is die plek waar jy jou roeping gaan ontdek, opgerig en geaktiveer word om voluit daarin te beweeg vir die koninkryk.
Jy het die geleentheid om ons intiem te leer ken, net omdat jy belangstel in ons! Vul asseblief hierdie vorm in sodat ons jou kan help om deel te word van ons kerkfamilie!
ONS VISSIE EN MISSIE
VISIE
Om 'n kerk te aktiveer en te mobiliseer vir dienswerk in die koninkryk van God.
MISSIE
Oprigting van ‘n Kerk wat staan vir die volle Waarheid, gedryf word deur liefde en in die krag van die Heilige Gees in hulle roeping beweeg om ‘n gebroke wêreld met God te versoen.
JOU PERSOONLIKE INLIGTING
Let wel: U aansoek om lidmaatskap is slegs geldig indien u al 4 van die verklaringsopsies kies. Hierdie opsies is vir jou en die gemeente se beskerming.
Hiermee verklaar ek dat ek as lidmaat wil aansluit en aanvaar die leerstelling van Beweeg Kerk Wellington